New Frontiers-program

’n Kunstenaarsvoorstelling van die tuig New Horizons by Pluto (BO) en van Juno by Jupiter.

Die New Frontiers-program is ’n reeks ruimteverkenningsendings deur Nasa met die doel om navorsing oor verskeie van die hemelliggame in die Sonnestelsel te doen, onder meer die planeet Jupiter en die dwergplaneet Pluto.

Dit is een van die ruimteagentskap se huidige drie klasse Sonnestelselprogramme; die ander twee is die duurder Flagship-program en die goedkoper Discovery-program.

New Frontiers is ontwerp vir mediumklassendings wat te groot vir die Discovery-program is. Daar is tans twee New Frontiers-sendings: New Horizons, wat op 19 Januarie 2006 na Pluto gelanseer is, en Juno, wat op 5 Augustus 2011 na Jupiter vertrek het. Die lansering van ’n derde sending, OSIRIS-REx, word vir September 2016 beplan. Nog voorgestelde sendings, wat egter ook deel kan uitmaak van een van die ander genoemde programme, [1] is na Venus, Saturnus, die Maan, Io en ’n komeet.

  1. "nasa nf". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2015. Besoek op 8 Julie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search